Beroepsjagters in SA geniet nou dekking vir noodontruiming

Die Custodians of Professional Hunting and Conservation South Africa en SATIB Versekeringsmakelaars het onlangs ʼn ooreenkoms gesluit waarvolgens mediese noodontruiming as ʼn eksklusiewe voordeel aan professionele jagters met lidmaatskap by Custodians.

Die ooreenkoms sluit toegang in tot SATIB24 Crisis Call aan Custodians lede en hulle personeel met lidmaatskap, wat mediese bystand benodig vir beserings of ongelukke wat plaasvind terwyl hulle dienste aan kliente lewer, hetsy by die jagkamp of in die veld gedurende die jag.

Custodians se uitvoerende hoof, mev. Adri Kitshoff-Botha, sê hierdie ooreenkoms bied ʼn unieke geleentheid vir mense in die jag en wildbedryf om voordeel te trek uit omvattende mediese noodontruiming wat nie geredelik beskikbaar is in Afrika nie. “Dit is ʼn nuwe waardetoevoeging vir die beroepsjagbedryf in Suid-Afrika waarop ons, as Custodians, baie trots is!”

SATIB is ʼn bekende verskaffer van versekeringsdienste in die toerismesektor in Suid-Afrika en lewer al vir meer as ʼn dekade mediese ontruimingsdienste aan lede van die Game Rangers Association of South Africa (GRAA). Ander groepe in die Afrika-parke-netwerk geniet hierdie voordeel al sedert 2015.

Mnr. Andre du Toit van SATIB sê die ooreenkoms met Custodians verskaf gemoedsrus aan beroepsjagters dat professionele noodbystand nou oral in Afrika vir hulle en hulle personeel beskikbaar is. “Ons ondersteun graag die mense wat ons wildernisgebiede regoor Afrika beskerm. Ons produk is spesifiek saamgestel om te voldoen aan die behoeftes van veldwagters en ander verskaffers van professionele dienste wat hulle in afgeleë wildernis- of bewaringsgebiede bevind.

SATIB se insidentbestuur sluit SATIB24 Crisis Call in en bied dekking vir onder andere:

  • noodontruiming en repatriasie
  • mediese noodgevalle
  • dood as gevolg van ‘n ongeluk
  • permanente gestremdheid
  • inkomstebeskerming vir gestremdes
  • hospitalisasie
  • lewensondersteunende toerusting
  • soek-en-redding
  • kwadrupleë
  • skendings
  • trauma

Volgens mev. Kitshoff-Botha is Custodians veral ingenome met die bykomende dekking wat dié vooraanstaande versekeraar aan personeel bied wat beserings aan diens opdoen – hetsy in die jagkamp of tydens die jag. “Ons lede werk in ʼn potensieel gevaarlike omgewing waar hulle en hulle personeel aan verskeie gevare en risiko’s blootgestel word.”

Custodians se jaarlikse lidmaatskapfooie sluit een van twee SATIB-opsies in: die een bied dekking vir dienste in slegs een land, terwyl die ander opsie omvattende dekking regoor Afrika bied. Die Essential In-country pakket dek die koste van ontruiming vanaf die ongelukstoneel tot by ʼn hospitaal of lughawe in dieselfde land. Die omvattende Premium All-Africa pakket sluit ontruiming in vanaf die ongelukstoneel tot by ʼn hospitaal in ʼn ander land.

Custodians se lede kan ook reisversekering vir hulle kliente deur SATIBgo reël. Vir meer inligting hieroor of enige ander landbou, kommersiële of persoonlike versekeringsbehoeftes, tree in verbinding met André du Toit by SATIB, tel +27 (0)82 446 1697 of andre@satib.co.za

Vir volledige inligting oor Custodians-lidmaatskap en die SATIB-voordele, doen navraag by Adri Kitshoff-Botha by ceo@cphc-sa.co.za of tel: +27 (0)83 650 0442.


Uitgereik deur die Custodians of Professional Hunting and Conservation South Africa en SATIB Versekeringsmakelaars

Navae:

CPHC-SA:
Adri Kitshoff-Botha
ceo@cphc-sa.co.za
0836500442

SATIB:
Roland Müller
roland@bigambitions.co.za
0833577098